Stille waters diepe grond met Madelein Rust en Marie Lotz

Momentum Beleggings Aardklop bied aan: Stille waters diepe grond met Madelein Rust en Marie Lotz.

Wat maak fiktiewe moorde so interessant vir lesers en wat dryf skrywers soos Madelein Rust en Marie Lotz om spanningsverhale te skryf?  Marie Lotz, wie se eerste twee krimi’s uitstekend ontvang is, se derde roman, Maalkolk, het pas verskyn. Madelein Rust se loopbaan as krimiskrywer skop af in 2014, daarna volg daar elke jaar ’n nuwe roman. Siembamba is die nuutste uit haar pen. Stefaans Coetzee gesels met Marie en Madelein. Aangebied deur Human & Rousseau. Kom luister en kuier saam by die ATKV-Boeke-oase.

Met: Madelein Rust en Marie Lotz
Gesprekleier: Stefaans Coetzee
Aangebied deur: Human & Rousseau
Moontlik gemaak deur: LW Hiemstra Trust, ATKV

Taal: Afrikaans
Gradering: Gesin
Tydsduur: 60 min. 
Venue: The Roots Sonkamer
Datum en tyd: 4 Okt 12:00
Kaartjies: Gratis

Scroll to Top