Werklik waarskynlik? – Fantasie en wetenskapsfiksie Met Elrien Scheepers, Sunel Combrinck en Nadine Petrick

Momentum Beleggings Aardklop bied aan: Werklik waarskynlik? – Fantasie en wetenskapsfiksie. Met Elrien Scheepers, Sunel Combrinck en Nadine Petrick.

Elrien Scheepers  se wetenskapsfiksie-verhaal Waar jakkalse huil speel af gedurende die winter van 2055 in die Klein-Karoo en Kaapstad. Die 18-jarige Laela Nix wil haar pa se laaste versoek uitvoer, maar dinge loop skeef en sy beland op die plaas Swartfontein, ’n insekteelstasie. ’n Beeldskone nagmerrie deur Sunel Combrinck vertel van Melody, ’n fae-dogter wat tussen mense grootgemaak word. Sy is die enigste een met die vermoë om haar opeising as volbloed-fae te stop en kan ook kies deur watter ryk sy opgeëis word. Sy sal met die menskoning trou en oor mense heers waarna sy alle mense sal uitwis. Nadine Petrick gesels met Elrien en Sunel. Aangebied deur Tafelberg en Lapa. Kom luister en kuier saam by die ATKV-Boeke-oase. 

Met: Elrien Scheepers & Sunel Combrinck
Gesprekleier: Nadine Petrick
Aangebied deur: Tafelberg en Lapa
Moontlik gemaak deur: LW Hiemstra Trust, ATKV

Taal: Afrikaans
Gradering: Gesin
Tydsduur: 60 min. 
Venue: The Roots Sonkamer
Datum en tyd: 6 Okt 09:00
Kaartjies: Gratis

Scroll to Top