Sake & Sauvignon. Met Theo Vorster. Kernbeginsels vir suksesvolle beleggingsbesluite

Momentum Beleggings Aardklop bied aan: Sake & Sauvignon. Met Theo Vorster. Kernbeginsels vir suksesvolle beleggingsbesluite.

Mense is emosionele wesens en raak vasgevang op die wipplank tussen optimisme en pessimisme. Nuusgebeure vanuit alle oorde bombardeer jou daagliks op soveel vlakke. Dit is dus ’n kuns om te midde van al hierdie markwisselvalligheid en onsekerhede steeds die regte ingeligte en rasionale besluit te neem. In hierdie sessie word die grootste en mees voorspelbare denkfoute uitgewys en aangespreek. Daar word ook gefokus op die kernbeleggingsbeginsels wat jou kan help om die regte besluite in jou eie beste belang te kan neem.

Met: Theo Vorster
Aangebied deur: Netwerk24
Moontlik gemaak deur: LW Hiemstra Trust, ATKV

Taal: Afrikaans
Gradering: Gesin
Tydsduur: 60 min. 
Venue: The Roots Sonkamer
Datum en tyd: 4 Okt 16:30
Kaartjies: Gratis

Scroll to Top