Sake & Sauvignon. Met Theo Vorster. Generasie-welvaart en die oranje ligte

Momentum Beleggings Aardklop bied aan: Sake & Sauvignon. Met Theo Vorster. Generasie-welvaart en die oranje ligte.

Elke Suid-Afrikaner se doel is uiteindelik om ’n vorm van welvaart aan hul kinders en dalk ook hul kleinkinders na te laat. Of dit nou ’n familie-onderneming, ’n groot som kapitaal of net ’n meevaller is, daar is kernbeginsels om te verseker dat hierdie welvaart in stand gehou word. Hierdie gesprek fokus op familiewelvaart, die uitdagings wat dit meebring en moontlike oplossings om te verseker dié welvaart bly ’n bate vir die familie.

Met: Theo Vorster
Aangebied deur: Netwerk24
Moontlik gemaak deur: LW Hiemstra Trust, ATKV

Taal: Afrikaans
Gradering: Gesin
Tydsduur: 60 min. 
Venue: The Roots Sonkamer
Datum en tyd: 6 Okt 16:30
Kaartjies: Gratis

Scroll to Top