Sake & Sauvignon. Met Theo Vorster. Geniet Suid-Afrika, maar bestuur jou kapitaal soos ’n wêreldburger

Momentum Beleggings Aardklop bied aan: Sake & Sauvignon. Met Theo Vorster. Geniet Suid-Afrika, maar bestuur jou kapitaal soos ’n wêreldburger.

Die meeste Suid-Afrikaners bly in Suid-Afrika omdat hulle hier wíl bly, maar dit beteken nie dat jy al jou kapitaal in Suid-Afrika hoef te belê nie. Die gesprek sal handel oor hoe om hierdie beleggingsbesluite te neem deur buitelandse belegging teenoor belegging in Suid-Afrika te plaas. Wat is jou opsies as jy hierdie besluite wil implementeer? En wat is die rooi ligte waarvoor jy op die uitkyk moet wees?

Met: Theo Vorster
Aangebied deur: Netwerk24
Moontlik gemaak deur: LW Hiemstra Trust, ATKV

Taal: Afrikaans
Gradering: Gesin
Tydsduur: 60 min. 
Venue: The Roots Sonkamer
Datum en tyd: 5 Okt 16:30
Kaartjies: Gratis

Scroll to Top