Ek het ’n engel gesien

Momentum Beleggings Aardklop bied aan: Ek het ’n engel gesien.

In Amore Bekker se jongste boek fokus sy op mense se stories van ontmoetings met engele. In die proses word lesers op ’n reis geneem – van gevaarlike paaie en traumatiese ongelukstonele tot by pediatriese sale en waakeenhede. En of dit deur ’n helder lig, ’n enkele veer of ’n ongekende gevoel van vrede is, al dié ingrypings het een ding gemeen . . . engele wat alles van beskerming en berusting tot redding en genesing bring.

Met: Amore Bekker
Gesprekleier: Johannes de Villiers
Aangebied deur: Naledi
Moontlik gemaak deur: LW Hiemstra Trust, ATKV

Taal: Afrikaans
Gradering: Gesin
Tydsduur: 60 min.
Venue: The Roots Sonkamer
Datum en tyd: 5 Okt 09:00
Kaartjies: Gratis

Scroll to Top