Beeldhouwerkswinkel (borsbeeld)

Momentum Beleggings Aardklop bied aan: Beeldhouwerkswinkel (borsbeeld).

Woon ’n beeldhouwerkswinkel van twee dae by wat deur Sandro Trapani en Pieter Jooste van 09:00 tot 15:00 aangebied word. Jy kry tien ure van gefokusde tyd om jou eie borsbeeld vir slegs R1 980 te skep. Dit sluit al die nodige materiaal in. Geen vorige ervaring word vereis nie. Die aanbieders werk saam met jou sodat jy deurgaans die proses eerstehands ervaar. 
Jooste sal tegnieke en metodes demonstreer terwyl hy ’n beeld skep en deurgaans ’n stap vooruit wees sodat hy jou deur die proses kan lei. Tesame met ’n ander groep beeldhouers wat wil leer, kry jy die kennis en vaardighede om uiteindelik jou eie borsbeeld te maak, wat jy saam met enige oorblywende materiaal huis toe vat, sowel as ’n paar verrassende ervarings. Inskrywings sluit 24 September.

Fasilitering: Sandro Trapani and Pieter Joost
Genre: Visuele Kuns
Gradering: Ouerbegeleiding
Venue: Heimatsaal F9  
Datum en tyd: 5,6 Okt, 9:00 – 15:00
Koste: R1980, R1782 (Studente, Pensioenarisse)

Scroll to Top