Evert Esterhuizen: Helder oomblikke tussenin

Momentum Beleggings Aardklop bied aan: Evert Esterhuizen: Helder oomblikke tussenin.

Die plantegroei van die verre oostelike streke van Suid-Afrika is buitengewoon welig, helderkleurig en bestaan uit talle lae. In sy grootwordjare het Evert Esterhuizen talle reise na die Wildekus meegemaak – die ruigheid en die verskeidenheid van die dramatiese eertydse Transkeise kus, die oorvloedigheid het ’n blywende indruk gelaat op hoe hy die wêreld sien: As ’n reeks lae, ryk aan verwikkelde patrone en kontrasterende kleure . . . ’n konsep wat sy werk beïnvloed.

Esterhuizen is ’n selfopgeleide kunstenaar en het met waterverf en akriel begin eksperimenteer terwyl hy studeer het. Hy het ’n meestersgraad in argitektuur en het sy voorgraadse en nagraadse studie aan die Nelson Mandela-Universiteit in Gqeberha voltooi.

Kurator Dineke van der Walt verwelkom jou graag 3 & 6 Oktober 11:00 vir ’n gratis rondleiding van hierdie uitstalling.


Genre: Visuele kuns
Gradering: Ouerbegeleiding
Venue: NWU Botaniese Tuin Galery
Datum en tyd: 3-7 Okt, 09:00-17:00
Gratis

Scroll to Top