Peter Mammes: Gevolg

Momentum Beleggings Aardklop bied aan: Peter Mammes: Gevolg.

Peter Mammes se behoefte was om iets nuuts en interessant te maak deur ongewone tegnologieë en tegnieke te gebruik. Hy het maande gelede begin eksperimenteer. Sy proses is om te begin met eenvoudige beginsels en uiteindelik eindig hy met ’n baie komplekse metode om sy kunswerke te maak. Met behulp van UV-ligte, vakuumpompe, deur ’n vorm te maak en te giet, is hierdie kunswerke die heel eerste resultate van ’n lang eksperimentele reis. 

Die visuele verhaal wat vertel word, is een van metafore, insinuasies en verborge betekenisse. Dit vertel van Mammes se stryd om vrede te maak met die wêreld en wat die ware betekenis van dinge is. Dit is ’n pre-apokaliptiese siening, ’n obsessie met skoonheid, oorlog en ’n ander soort propaganda.

Kurator Dineke van der Walt verwelkom jou graag 4 & 7 Oktober 11:00 vir ’n gratis rondleiding van hierdie uitstalling.

Genre: Visuele kuns
Gradering: Ouerbegeleiding
Venue: F1 Gebou (Daktuin)
Datum en tyd: 3-7 Okt, 09:00-17:00
Gratis

Scroll to Top