MASS FOR THE GOOD PRINCES

Momentum Beleggings Aardklop Aubade in samewerking met Afrikaanse Hoër Seunskool bied aan: MASS FOR THE GOOD PRINCES.

Nataniël volg die sukses van verlede jaar se Aardklop Aubade-aanbieding, DIE SMITSTRAAT SUITE, waarvoor hy vir ’n kykNET Fiësta benoem is, op met sy eerste vollengte- musikale mis, MASS FOR THE GOOD PRINCES. Hierdie mis is gebaseer op die klassieke struktuur van ’n komposisie met vyf, ses of sewe dele en is ’n gebed vir goedheid, nuwe leierskap en die hoop van ’n nuwe generasie.
Die mis word in Latyns en Engels gesing, met vertellings en beskrywings in Afrikaans.
Soos voorheen deel Nataniël die verhoog met Ockie Vermeulen (orrel), Charl du Plessis (klawerbord), Juan Oosthuizen (kitaar), Werner Spies (bas), Peter Auret (tromme en perkussie) en die Akustika Kamerkoor onder leiding van Christo Burger. 

“Elke keer wanneer ons aan die mis oefen is daar ’n magiese gevoel wat oor die koor daal – ons is besig met iets groots uit die pen van ’n meester. Hoendervleis oomblikke en hemelse klanke kan te wagte wees.”
sê Christo Burger – Dirigent, Akustika Kamerkoor

“Dit het my 40 jaar geneem om my klassieke opleiding, my jare op die verhoog en my liefde vir liturgiese musiek bymekaar te bring. Hierdie is vir my die geleentheid van ‘n leeftyd. Ek dink vir ure oor elke noot, dit moet vir absoluut almal mooi of roerend wees.
Kollegas en klasmaats en vriende wat my pad ken, reis van die verste plekke om hierdie twee konserte by te woon.” – Nataniël

Absoluut uniek en onmisbaar! 

Venue: Afrikaanse Hoër Seunskool, Pretoria
Datum: Sondag, 29 Oktober 2023
Tyd: 11:00 & 16:00
Tydsduur: 60 minute
Geen pouse 
Geen selfone 
Geen kortbroeke 
Kaartjies: R290, R260 (pensioenarisse en Aardklop Hartsvriende)

Kaartjies beskikbaar by: www.ticketpros.co.za

Scroll to Top