Pronk Pret wenners en Gretha Pers

Momentum Beleggings Aardklop bied aan: Pronk Pret.

Pronk Pret

Kom ontmoet die teatermakers van die toekoms by Pronk Pret, die LEKKER toneelkompetisie waar laerskoolproduksies die planke laat praat!

Laerskooltonele volg ’n opwindende reis tydens die Pronk Toneelfeeste (by HS Waterkloof, HS Noordheuwel, HS Die Wilgers, HTS Witbank en vanaf 2023 ons nuwe Pronkfees in die Wes-Kaap) en sorg vir opwinding vanaf uitdunrondtes en semifinaal tot die kroning van die top Pronk Produksies by die Pronk Podium finaal in die AfriForum Teater. 

Gretha Pers is jou gasvrou by die Pronk Pret-wenners van 2022 en 2023, wat as een pakket aanbied word. Elke produksie duur 20 minute.

Die drama Woudwonde van Laerskool Roodekrans is 2023 se wenproduksie: Ses kinders maak vir hulself ’n huis en word ’n familie wat na mekaar kyk en vir mekaar lief is. Kanya is die gom wat hierdie familietjie bymekaar hou en die Woudwonde was haar idee. Egte wonde. Deur egte monsters. Die komedie Trompie en die boksombende deur Improv Studios is 2022 se wenproduksie. Trompie en die bende trek vir die nuwe seun, wat almal se witbroodjie is, ’n lelike streep! 

Kom bou saam aan die kunste. Pronk Pret, die lekker een!

Woudwonde

Ses kinders maak vir hulselff ’n huis en word ’n familie t hulle ‘n familie  wat na mekaar kyk het en vir mekaar lief is. Kanya is die gom wat hierdie familietjie bymekaar hou en die Woudwonde was haar idee. Egte wonde. Deur egte monsters.

Met: Amerize Kleinsmith, Emma Knop, Danica du Plessis, Bianca Phyfer, Hanru Meyer, Christiaan Venter, Marlé Reynders, Lumé Smith, Miané Jordaan en Jac-Hendri Engelbrecht
Teks: Robert Kruger
Regie: Mariki de Villiers-Knop en Elné Kleinsmith
Vervaardiger: Laerskool Roodekrans

Trompie en die boksombende trek ‘n lelike streep

Trompie en die boksombende trek vir die nuwe seun, wat almal se witbroodjie is, ‘n lelike streep!

Met: Ruhan van der Merwe, Bernard van Wyk as Rooies,  SJ Van Wyk as Dawie, Josh Lee as Blikkies en Leander Ryan as Pieter
Teks: Mariza Claassen, geskoei op die jeugroman Trompie die stouterd, van Topsy Smith
Taal: Afrikaans
Tydsduur: 100 minute, pouse ingesluit
Gradering: Ouerbegeleiding
Venue: Girls High
Datum en tyd: 7 Okt 10:30
Kaartjies: R100, R80 (Aardklop Hartsvriende, Pensioenarisse)

Moontlik gemaak deur: NATi, Momentum Beleggings Aardklop, AfriForum Teater en Stagealive Production House

Scroll to Top