Pronk Podium wenners 2023

Momentum Beleggings Aardklop bied aan: Pronk Podium wenners 2023.

Pronk Podium.

Kom ontmoet die teatermakers van die toekoms by Pronk Podium, die LEKKER toneelkompetisie waar hoërskool- en studenteproduksies die planke laat praat. 

Hierdie jaar se wenproduksies word met trots by Aardklop aangebied, en kan kers vashou met die professionele produksies. Tienertonele volg ’n opwindende reis vanaf  die Pronk Toneelfeeste by HS Waterkloof, HS Noordheuwel, HS Die Wilgers en HTS Witbank, tot die kroning van die top Pronk Produksies by die Pronk Podium finaal in die AfriForum Teater. 

Studente sorg ook vir vele vermaak tydens die NWU Kampustoneel. Die wenner hierdie jaar is SPEL deur Patria Manskoshuis, Pronk Podium se wenner is As die sinkdakke kon skree deur Hoërskool Noordheuwel, en word as een pakket aangebied.  

Kom bou saam aan die kunste. Pronk Podium, die lekker een!

SPEL

Die lewe is nie kinderspeletjies nie. Of is dit? As vier kinders van die skool af wegloop en die wêreld dink hulle is ontvoer, is dit aanvanklik net een groot, vet game! Maar wat gebeur as die skeidslyn tussen realiteit en spel vervaag? Wat gebeur as jy nie meer wil saamspeel nie, maar die spel is nog ver van game over af? Speel jy saam… of is jy chicken? SPEL is ’n gruwelkomedie wat 40 minute duur. Gradering: Geen o.13 (G/T)

Met: Bertus Buitendach, Jacques Jacobs en Philip Human
Teks & regie: Pierre-André Viviers

As die sinkdakke kon skree

Op die trappe onder die kerktoring, in haar gunstelingrokkie, het sy vir hom gewag. “Iets binne my het geweet ek moes haar wegsteek. Iets binne my het geweet iemand gaan haar opvreet.” As die sinkdakke kon skree is ’n drama wat 40 minute duur. Gradering: Geen o.16 (T)

Met: Connor McGill en Rico Immelman
Teks:  Robert Kruger

Taal: Afrikaans
Tydsduur: 100 minute, pouse ingesluit
Venue: Girls High
Datum en tyd: 7 Okt 12:30
Kaartjies: R120, R100 (Aardklop Hartsvriende, Pensioenarisse)

Moontlik gemaak deur: NATi, NWU Potchefstroomkampus, Momentum Beleggings Aardklop, AfriForum Teater en Stagealive Production House
Ondersteun deur: PALI

Scroll to Top