In Gesprek met Lourensa Eckard

Momentum Beleggings Aardklop bied aan: In Gesprek met Lourensa Eckard.

Suid-Afrikaners is keelvol vir politici en kyk elders vir leierskap. Is dit volhoubaar of selfs regverdig om van ons nie-politieke figure te verwag om ons te kom red? Lourensa Eckard gesels hieroor met van ons land se burgerlike leiers.

Met: Flip Buys, Theo Venter en Alida Kock
Datum en tyd:
4 Okt 10:30

Koalisie-debat: Na afloop van die veelbesproke veelpartykoalisie-konvensie is daar steeds vrae oor of die opposisie verenig is. Lourensa Eckard fasilitieer ’n debat tussen die DA, VF+, ActionSA en die PA.

Met: Gayton McKenzie van die Patriotic Alliance, Herman Mashaba van ActionSA en Pieter Groenewald van die VF+
Datum en tyd:
6 Okt 10:30

Taal: Afrikaans
Gradering: Gesin
Tydsduur: 60 min.
Venue: The Roots Sonkamer
Kaartjies: Gratis

Scroll to Top