Prontuit

Momentum Beleggings Aardklop bied aan: Prontuit.

Hoe gemaak om vir ewig in hierdie onstuimige mooi land te kan woon en werk? Talle glo om die land te verlaat is bloot buite die kwessie. Wie is die staatmakers en hoe help hulle om die skip te stuur? In ’n informele gesprek vra Kabous Meiring ’n paar hardwerkende verskilmakers hoe hul leef, waar hulle belê en hoe hulle ontspan in ’n land waar dit nie aldag maklik is nie. Hiérdie klompie staatmakers kies om deel te wees van die oplossing.

Met: Kabous Meiring
Taal:
Afrikaans
Gradering: Gesin
Datum en tyd: 5 Okt 10:30
Tydsduur: 60 min.
Venue: The Roots Sonkamer
Kaartjies: Gratis

Scroll to Top