2024 Temp Mixtape

Mixtape van die liefde, ’n digbundel saamgestel deur Antjie Krog, is ’n mengelmoes van álles wat die liefde is. Dit bevat stemme van uiteenlopende Suid-Afrikaanse digters. Dit strek oor temas, kultuurgroepe en generasies heen, maar uiteindelik word almal van ons omgedolwe, platgetrek óf opgehef deur die liefde. Die teaterproduksie is ’n feesviering van presies hoe ons liefhet, verloor, treur óf halsoorkop bemin; die stories wat Suid-Afrika uniek maak. Die musikante, sangers en akteurs is perfek gekies om die gedigte vlerke te gee en ook om die diversiteit in die skrywers en temas te weerspieël. Krog se meesterlike samestelling van liefdesgedigte gryp aan, ontroer en oorbrug grense.

Met: Jana Cilliers, Mathys Roets, Laurinda Hofmeyr, Leon Gropp, Stephanie Baartman, Anna Davel, Johny Klein
Teks: Anna Davel, na die gelyknamige bundel, saamgestel deur Antjie Krog
Regie: Anna Davel
Musiekregie: Laurinda Hofmeyr en Leon Gropp
Verhoogbestuurder: Nastassja Pretorius
Vervaardiger: Alexa Strachan vir Momentum Beleggings Aardklop
Moontlik gemaak deur: NATi

Totius Saal

Musiekteater
Afrikaans
Ouerbegeleiding, geen o.12 (I)
65 min.

5 Okt 10:00
6 Okt 16:00
7 Okt 10:00

R200, R180 (Aardklop Hartsvriende, Pensioenarisse)

Scroll to Top