Komedie

Rondomtalie

Daar word beweer die Indiese verhoudingsterapeut Mahesh Maharaj is die beste in die bedryf. Met sy “alternatiewe” metodes kan hy enige verhouding “back on track” kry. Kan Mahesh vir Olivia en Alan help om hul huwelik van 12 jaar te red nadat Olivia vir Alan op die kombuistafel “gevang” het met ’n ander vrou? Hier […]

Rondomtalie Read More »

Reünie

Dit is dieselfde skoolsaal, maar 43 jaar later by die reünie van die 1980-matriekgroep. Adam Boshoff tree as verteller op, maar deur die loop van die aand kry verskeie klasmaats ’n beurt agter die mikrofoon om hul sê te sê. Lank terug het almal saam ’n tragedie beleef wat hulle nou vir die eerste keer

Reünie Read More »

Ouma is op pad

Dowwe Dolla se ouma het eintlik saam met Dolla afgetree einde 2021. Maar nou wil almal weet wie was daai tannie wat so aanstoot kon gee? En toe besluit Ouma sy het nóg ’n paar dinge om kwyt te raak. Ouma kom van Garies en soos meeste mense van daardie wêreld, is sy ’n formidabele vrou. In

Ouma is op pad Read More »

Moord met ’n T

Die popmooi winkelassistent Leksie Pieterse se stinkryk vroetelpappie, Bakkies Barnard, sterf in haar bed. Bakkies het nog skaars sy laaste asem uitgeblaas of sy jaloerse vrou, Cruella, is daar. Die feite dui op ’n liefdesdriehoek en dis altyd ’n resep vir moord, want Cruella is net oor haar erfporsie begaan. Die ondersoekbeampte, speursers. Wihan Beyleveld,

Moord met ’n T Read More »

Molly en Wors: Die geheim van ’n suksesvolle huwelik… is ’n geheim

Ná jare se gesmeek en gepleit van die kykerspubliek is die immergewilde Molly en Wors terug! Dié keer op die verhoog!  Gehore kan uitsien na vlymskerp humor, soos net Willie Esterhuizen dit kan doen. En die tema: Die geheim van ’n gelukkige huwelik is ’n geheim.  Kom knik instemmend kop in herkenning van hoe dit in meeste

Molly en Wors: Die geheim van ’n suksesvolle huwelik… is ’n geheim Read More »

Trou

Die komediant Mel die Storieverteller en die sangeres Corlea Botha span kragte saam in ’n vertoning vol humor, hart en musiek by Aardklop. Die tema is universeel: troues – dié broeiplek van familie-skandale, ongewone tradisies en soms twyfelagtige dekorbesluite. Met humoristiese staaltjies uit Mel se eie trou- en wittebroodalbum en Corlea met haar indrukwekkende stem

Trou Read More »

Hospitale, kateters en familielede

Gedeelde badkamers, ’n alewige geraas, buisligte wat permanent brand, skerp reuke wat ander reuke probeer verdoesel, kieme wat aan alles vasklou en die vriendelike kombuispersoneellid wat jou probeer oortuig jy bestel van ’n uitstaande à la carte-spyskaart af… Hospitale, kateters en familielede is ’n skreeusnaakse, absurde komedie wat almal wat al ooit iets met ’n hospitaal

Hospitale, kateters en familielede Read More »

Alfred Adriaan: Positive Strokes

Maak reg vir ’n lagmarathon met Alfred Adriaan se splinternuwe vertoning, Positive Strokes. Hierdie Suid-Afrikaanse komediesensasie, wat oral oor sale volpak, is reg om jou lagspiere te prikkel met sy unieke kyk op die lewe. Resensente loof Alfred vir sy “unapologetically hilarious” (IOL) vertonings, “sharp wit” (The Citizen) en sy “relatable comedy that hits home” (Cape Town

Alfred Adriaan: Positive Strokes Read More »

Bacchus tot Bekker

Sluit aan by Amore Bekker vir ’n onvergeetlike ervaring van wyn, lag en storievertelling in Bacchus tot Bekker. Hierdie produksie, geskik vir ouderdomme 10 en ouer, neem jou op ’n reis deur die wêreld van wyn, wat jou nostalgies gaan maak en ook lekker laat lag. Ontmoet ook vir Bacchus, die god van wyn, wat sy

Bacchus tot Bekker Read More »

Scroll to Top