Aardklop Aubade: Zanta Hofmeyr & Malcolm Nay in Recital

Aardklop Aubade in samewerking met Afrikaanse Hoër Seunskool bied aan Zanta Hofmeyr & Malcolm Nay in Recital.

Welbekende werke vir viool en klavier deur Mozart & Franck word deur een van Suid-Afrika se gewildste klassieke duo’s uitgevoer. Zanta Hofmeyr is ‘n gevestigde violis met opleiding by die Julliard School of Music in New York en Malcolm Nay is ‘n bekende pianis en mede-professor by die Universiteit van die Witwatersrand in Johannesburg.

Sluit by ons aan vir ‘n betowerende uitvoering van hierdie gevierde klassieke werke.

 

Titel: Zanta Hofmeyr & Malcolm Nay in Recital
Datum: Sondag, 10 April 2022
Tyd: 11:00
Tydsduur: 80 Minute
Voorprogram: Klarinet-uitvoering deur Affie Gr.10 leerder, Henré van Rooyen – begelei deur Jannie le Roux.

Media-vennoot: RSG
Kaartjieprys: 
R190, R150 (pensioenarisse), R100 (leerders)
Kaartjies: TicketPro

Scroll to Top