Gerrit Koorsen & Eugene Joubert in Recital

Aardklop Aubade in samewerking met Afrikaanse Hoër Seunskool bied aan:
Gerrit Koorsen & Eugene Joubert in Recital

Hierdie tjello- en klavier-uitvoerings van kamermusiek-verwerkings deur drie komponiste uit die Romantiese tydperk, beloof om die volgende Momentum Beleggings Aardklop Aubade op Sondag, 7 Augustus, werklik ‘n onvergeetlike ervaring te maak.

Tjellis Gerrit Koorsen en pianis Eugene Joubert het reeds regoor Suid-Afrika gehore betower met hierdie program, en maak nou hulle debuut met hierdie keur by Aubade.

Dr Gerrit Koorsen is ‘n senior lektor in Biochemie by die Universiteit van Johannesburg, en Eugene Joubert die hoof van klavierstudies by St. Mary’s Waverley.

Voorafvertoning – Saxofoon & klavier-uitvoering deur Affies leerders.

Program
Robert Schumann (1810-1856) Drei Fantasiestücke Op. 73
Gabriel Fauré (1845-1924) Élégie Op. 24
Edvard Grieg (1843-1907) Sonata for Cello and piano Op. 36

Venue: Afrikaanse Hoër Seunskool, Pretoria
Datum: Sondag, 7 Augustus 2022
Tyd: 11:00
Tydsduur: 70 minute
Kaartjies: R190, R150 (pensionarisse), R100 (leerders)

Kaartjies by www.ticketpros.co.za
Konsertgangers kan ook ‘n ligte ete (en ander versnaperinge) voor of na die konsert geniet by die 1920 restaurant op die skoolgronde.

Aardklop Aubade is reeds gevestig as ‘n tuiste vir die bevordering van Suid-Afrikaanse klassieke musiek. Ons skep met trots ‘n platform vir musici, om op te tree voor gehore in die Jakarandastad.

Scroll to Top