1 – ’n tragi-komedie oor die liefde

Momentum Beleggings Aardklop bied aan: 1 – ’n tragi-komedie oor die liefde.

Eendag, nie so lank gelede nie, was daar twee mense wat so lief was vir mekaar dat hulle oornag fisiek aan mekaar vasgegroei het. Met die “vassittery” word dié twee toe so gatvol vir mekaar dat hulle besluit om maar liewer te skei… maar watter een van dié twee sal dit oorleef? Dié tong-in-die-kies-parodie plaas die oeroue tema van liefde en verganklikheid onder die soeklig, en plaas dit in ’n abstrakte ruimte wat strek van oneindigheid tot in die dae toe die Griekse god Zeus vir Plato geïnspireer het met die mite van die wieletjie-mense. Google gerus “Wheelie People”. Is die mens bestem om sy ander helfte te vind, of is die kanse hiervan ’n onberekenbare, wiskundige formule van totale onmoontlikheid?

Met: Cindy Swanepoel en Zak Hendrikz
Teks: Henriëtta Gryffenberg
Regie en dramaturgie: Alby Michaels
Choreografie: Craig Morris
Stelontwerp: Nadine Minnaar 
Beligtingsontwerp: Oliver Hauser
Kostuumontwerp: Nerine Pienaar
Oorspronklike musiek: Coenraad Rall
Vervaardiger: Swan Dive Collective 
Moontlik gemaak deur: Momentum Beleggings Aardklop, KKNK, NATi en BASA
Ondersteun deur: KKNK Teksmark
Debuut

Genre: Tragikomedie 
Taal: Afrikaans
Tydsduur: 70 min.
Gradering: Geen o.16 (T/I)
Venue: Elgro Hotelsaal
Datum en tyd: 4 Okt 20:00, 5 Okt 09:30, 6 Okt 13:30, 7 Okt 18:00 
Kaartjies: R180, R160 (Aardklop Hartsvriende)  

Scroll to Top