Die Vrou Op Die Dak

Momentum Beleggings Aardklop bied aan: Die Vrou Op Die Dak.

René Niewoudt is op die punt om alles te verloor.
In ’n oomblik van impulsiewe waansinnigheid besluit sy om bo-op die dak van haar huis te klim. Daardie einste huis waar sy haar hele getroude lewe al bly, die huis waar sy en haar man nesgeskop het, waar hulle hul kinders grootgemaak het… Wat het haar besiel?
Van hier bo af dink sy oor haar lewe, haar liefde, haar huwelik, haar kinders, en die algehele redes vir haar bestaan. Sy baklei met bure, omstanders, selfs die klompie mense wat rondom die huis begin vergader. Hoe lank kan sy daar bo bly? Sy is self nie seker nie. Een ding weet sy vir seker: Hier is waar sy haar man (of altans vrou) gaan moet staan.
Van hier bo af lyk die wêreld heel anders. 
En wie weet? Miskien kan hierdie uitkyk vir haar ’n nuwe uitkyk gee.

Met: Je-ani Swiegelaar
Teks: Germandt Geldenhuys, geskoei op ’n konsep van Germandt Geldenhuys en Je-ani Swiegelaar 
Regie en beligtingsontwerp: Germandt Geldenhuys
Stelontwerp: Germandt Geldenhuys en Je-ani Swiegelaar
Verhoogbestuur: Rehbart Geldenhuys
Vervaardiger: Guyselaar Produksies

Genre: Tragikomedie
Taal: Afrikaans
Tydsduur: 80 min.
Gradering: Geen o.13 (T)
Venue: Gimmies
Datum en tyd: 4 Okt 09:30, 6 Okt 09:30, 7 Okt 16:30, 7 Okt 20:00
Kaartjies: R150, R130 (Aardklop Hartsvriende)  

Scroll to Top