Fliep-flappers

Momentum Beleggings Aardklop bied aan: Fliep-flappers.

’n Opvoedkundige en vermaaklike kindertoneelstuk uit die debuutkinderboek Storiekasteel van Liena van der Merwe, gepubliseer deur Naledi Uitgewers. Fliep-flappers is haar  sewende kindertoneelproduksie en sy het al meer as 25 kunstefeesproduksies oor die jare aangebied. Dié jongste produksie is ook die inspirasie  vir ’n reeks nuwe kinderdramas, waarvan Fliep-flappers die eerste is. Dit is onlangs met groot sukses by die KKNK opgevoer. Die Fliep-flappers Fungi en Fukani vermaak die gehoor saam met hul beste maatjie, Kreamie, ’n poeiermuis. Die stoute kasteelkat, Snorralee Baffi, sorg vir groot konsternasie en kom steel die resepteboek met die bekende groenslykskommel in. Sal hulle dit kan terugkry gedurende die storm om betyds skommels te maak vir die rivierpiekniek? Dis ’n pragtige verhaal wat maatjies inspireer met temas van ’n gesonde leefstyl, vergifnis en hoe om boeliegedrag te hanteer. Daar is musiek, dans en interaktiewe spel wat die kinders betower en ook ’n liefde vir teater leer.

Met: Liena van der Merwe, Robyn Frost, W.G. Venter, W.J. van der Merwe
Teks en regie: Liena van der Merwe
Vervaardiger: Purple Cat Dramaproduksies, Liena van der Merwe

Genre: Kinderteater
Taal: Afrikaans
Gradering: Gesin
Tydsduur: 40 min.
Venue: Girls High
Datum en tyd: 3 Okt 13:00, 5 Okt 13:00, 6 Okt 09:00
Kaartjies: R80

Scroll to Top