Jak de Priester: Eerste liefde

Momentum Beleggings Aardklop bied aan: Jak de Priester: Eerste liefde.

Jak de Priester bring ná 21 jaar ’n nuwe produksie op die planke: Eerste liefde. Ná baie jare as liedjieskrywer en storieverteller vind hy sy land Suid-Afrika steeds ’n onuitputlike bron van stories. En soos goeie wyn raak Jak al hoe beter daarmee om sy eerste liefde – musiek en stories – na die gehoor te bring. Kom luister na ’n klomp nuwe liedjies uit sy pen, soos onder meer “Lientjie”, “Meer en minder” en “Kaap is weer Hollands”.

Met: Jak de Priester (sanger), Heinrich Pelser (musikant)
Teks, oorspronklike musiek, musiekregie en vervaardiging: Jak de Priester

Genre: Kontemporêr
Taal: Afrikaans
Gradering: Gesin
Tydsduur: 90 min.
Venue: Totius Saal
Datum en tyd: 3 Okt 13:00; 4 Okt 10:00
Kaartjies: R165, R140 (Aardklop Hartsvriende, Pensioenarisse)

Scroll to Top