Joyful Dances: Trio Joie de Vivre

Momentum Beleggings Aardklop bied aan: Joyful Dances: Trio Joie de Vivre.

Kom geniet die unieke klank van Trio Joie de Vivre in hierdie konsert gevul met vreugdevolle dansmusiek. Die drie vriende van die NWU se Skool vir Musiek se trio bestaan uit fagot, fluit en klavier. In Joyful Dances fokus hulle op dansmusiek deur die eeue. Die program skop af in die Baroktydperk met ’n keuse van suites uit die balletopera Les Indes galantes van Jean-Philippe Rameau. Die program sluit ook die bekende “Pavane” van Ravel in, walse van Sjostakowitsj en ’n pragtige menuet van Horatio Parker. Die program eindig met ’n tango-suite van Astor Piazzolla wat spesiaal vir die Trio Joie de Vivre deur André Oosthuizen verwerk is. Hierdie program van musiek van danse sal kos vir jou siel wees. 

Met: André Oosthuizen (fluit), Liesl van der Merwe (fagot), Catrien Wentink (klavier)
Komponis/Oorspronklike musiek: J.P. Rameau, M. Ravel, D. Sjostakowitsj, H. Parker, A. Piazzolla, R. Portman
Musiekregie: Trio Joie de Vivre
Musiekverwerking: André Oosthuizen

Genre: Klassiek
Taal: Afrikaans en Engels
Gradering: Gesin
Tydsduur: 60 min.
Venue: Konservatorium
Datum en tyd: 3 Okt 19:30
Kaartjies: R130, R100 (Aardklop Hartsvriende, Pensioenarisse)

Scroll to Top