Mimi sing Mimi

Momentum Beleggings Aardklop bied aan: Mimi sing Mimi.

Amira Willighagen het bekendheid verwerf toe sy Holland’s Got Talent in 2013 op negejarige ouderdom gewen het. Sedertdien het sy saam met vooraanstaande kunstenaars gewerk en het sy selfs saam met die wêreldbekende André Rieu en sy orkes opgetree. Sy het in 2018 na Suid-Afrika verhuis en het pas met volle akademiese kleure gematrikuleer. Amira het die bynaam Mimi, en haar fassinasie met Kammersängerin Mimi Coertse het gelei tot hierdie huldeblykkonsert: Mimi sing Mimi. Amira se liefde vir die Afrikaanse taal word ten toon gestel in ’n keur van die bekendste ou Afrikaanse volksliedjies wat deur Mimi Coertse bekend gemaak is, onder meer “O, Boereplaas”, “Die berggans het ’n veer laat val” en “Heimwee”. Die program sal ook ’n keur van lieder en bekende arias uit operas en operettes insluit. Amira tree op saam met die pianis en Steinway-kunstenaar Charl du Plessis, wat die musikale regisseur vir hierdie duo-uitvoering is.

Met: Amira Willighagen (sopraan), Charl du Plessis (klavier)
Musiekregie en musiekverwerking: Charl du Plessis
Vervaardiger: Rosa Kleyn

Genre: Klassiek
Taal: Afrikaans, Engels
Tydsduur: 70 min.
Gradering: Gesin
Venue: Konservatorium
Datum en tyd: 4 Okt 19:30, 5 Okt 13:00
Kaartjies: R190, R150 (pensioenarisse)

Scroll to Top