Vrolike 40 jaar ná 60

Momentum Beleggings Aardklop bied aan: Vrolike 40 jaar ná 60.

Die Potchefstroom Dienssentrum, ’n niewinsgewende organisasie en die grootste dienssentrum in die land, vier sy 40ste bestaansjaar. Vanweë die Dienssentrum se doelstelling om ouer persone solank as moontlik aktief in die gemeenskap te laat funksioneer, word Potchefstroom as die ideale aftreedorp beskou. Vandag gee ons ’n kykie in die leefwêreld van die Potchefstroom Dienssentrum se lede. Beleef saam met ons ’n vrolike 40 jaar ná 60 saam met Jakkie Louw. Jou kaartjie sluit ’n lekker geskenkpakkie in. Moenie die vrolike feesvieringe misloop nie! Die 40ste Gedenkblad is te koop by die vertoning.

Met: Jakkie Louw
Oorspronklike musiek, musiekregie en vervaardiging: Jakkie Louw

Genre: Kontemporêr
Taal: Afrikaans
Tydsduur: 120 min.
Gradering: Gesin
Venue: NG Kerk Miederpark
Datum en tyd: 3 Okt 10:00
Kaartjies: R150, R120(Aardklop Hartsvriende, Pensioenarisse) R100 (Potchefstroom Dienssentrum-lede)

Scroll to Top