Die moeder

Momentum Beleggings Aardklop bied aan: Die moeder.

Moederskap is ’n voltydse werk, maar nou is dit verby. Anna se kinders het grootgeword en het lewens en liefdes van hul eie. Van ure alleen deurbring, begin die wêreld om haar kantel. Het haar man regtig ’n verhouding? Het haar gunsteling-seun werklik huis toe gekom? Of het die eensaamheid Anna tot waansin gedryf? 

Die moeder is vanjaar met drie kykNET Fiëstas bekroon: beste feesproduksie, beste regie (Christiaan Olwagen) en beste spel in ’n hoofrol (Sandra Prinsloo). Dié produksie het ook vyf Woordtrofees verower.

Met: Sandra Prinsloo, Dawid Minnaar, Ludwig Binge, Ashley de Lange
Teks: Florian Zeller
Teksverwerking en regie: Christiaan Olwagen
Komponis/Oorspronklike musiek: Loki Rothman
Stel- en kostuumontwerp: Birrie le Roux
Beligtingsontwerp: Wolf Britz
Verhoogbestuurder: Elana-Marié Snyman
Vervaardiger: Toyota US Woordfees
Ondersteun deur: NATi

Genre: Drama
Taal: Afrikaans
Gradering: Geen o.16 (T/S)
Tydsduur: 85 min. 
Venue: Ouditorium
Datum en tyd: 4 Okt 18:00; 5 Okt 10:00, 15:00; 6 Okt 10:00
Kaartjies: R220, R200 (Aardklop Hartsvriende)

Scroll to Top