Anna Davel: Daarom skryf ek

Momentum Beleggings Aardklop bied aan: Anna Davel: Daarom skryf ek.

Waarom skryf mense liedjies? Wat gebeur voor daardie kreatiewe “fairy dust” begin skitter, en ’n skrywer voor die klavier of kitaar gaan sit om ’n splinternuwe liedjie te skep? Om ’n liedjie te skryf, kan helend, grensverskuiwend of selfs ontblotend wees. Anna vertel meer van die ontstaan van haar eie liedjies, asook verrassende stories van waar bekende liedjies deur o.a. The Beatles, Coenie de Villiers, Leonard Cohen, Lucas Maree en Bob Dylan vandaan kom. Ontdek die onderstrominge en intriges van “Delta Dawn”, “Let It Be”, “Both Sides Now” en “Victoriabaai”.

Met: Anna Davel (sang), Marcel Dednam (klavier), Deryn Dednam (saxofoon en perkussie)
Regie: Anna Davel
Musiekverwerking: Marcel en Deryn Dednam
Vervaardiger: Anna Davel

Genre: Musiekteater
Taal: Afrikaans, Engels
Tydsduur: 80 min.
Gradering: Gesin
Venue: Konservatorium
Datum en tyd: 5 Okt 19:30, 6 Okt 19:30, 7 Okt 16:00
Kaartjies: R150, R130 (Aardklop Hartsvriende, Pensioenarisse)

Scroll to Top