Drie van die bestes

Momentum Beleggings Aardklop bied aan: Drie van die bestes.

’n Samekoms van drie kunstenaars, met drie uiteenlopende stemme en drie persoonlikhede – in een produksie op die verhoog. Ondanks elkeen se uiteenlopende musiekstyl, van pop tot ballades en ligte klassieke musiek, is dit veral hul a cappella-sang en samesang wat hulle ’n gedugte kombinasie maak. As solokunstenaars is elkeen in ’n klas van sy eie en elkeen ’n ster in eie reg: Germandt Geldenhuys, bekend as akteur en vir sy kragtige tenoorstem, Mathys Roets met die rustige, fluweelstem en Danie Niehaus as bekroonde en veelsydige kunstenaar en liedjieskrywer. Saam sorg hulle vir ’n ongelooflike musikale reis.

Met: Danie Niehaus, Mathys Roets, Germandt Geldenhuys 
Genre: Kontemporêr
Taal: Afrikaans, Engels, Italiaans
Gradering: Gesin
Tydsduur: 70 min.
Venue: Totius Saal
Datum en tyd: 4 Okt 19:30, 5 Okt 13:00
Kaartjies: R200, R180 (Aardklop Hartsvriende, Pensioenarisse)

Scroll to Top