Hans steek die Rubicon oor

Momentum Beleggings Aardklop bied aan: Hans steek die Rubicon oor.

Op 90 is Hans nog springlewendig. Sy kinders boender hom egter uit hul tuistes in die buiteland en uit sy lekker huis in die Kaap en stop hom in Huis Madeliefie. Hans se vindingryke pogings om uit Huis Madeliefie te ontsnap, word deur sy kinders en ’n drakoniese matrone in die wiele gery. Maar Hans laat hom nie voorskryf nie, en sy rebelsheid het geen keer nie. Vinnig is daar groot konsternasie in die tehuis. Hans se vele, en soms verdagte, nuwe vriende sorg vir groot pret en heelwat moeilikheid. Met behulp van enigiets van daggakoekies en ’n boeremafia tot ontkleedansers en protesaksies, word Huis Madeliefie en sy inwoners se lewens onderstebo gekeer. Hans se storie is ’n storie van ons tyd. Sy omstandighede is dié van vele ouer Suid-Afrikaners wie se kinders die land verlaat het. Hans se manewales sal oud en jonk laat skaterlag.

Met: Charlie Bouguenon
Teks: Rudi van Rensburg
Verwerking van teks: Francois Toerien, Lizz Meiring
Komponis/Oorspronklike musiek: Wesley West
Regie en stelontwerp: Lizz Meiring
Musiekregie: Jak J. Brits, Wesley West
Beligtingsontwerp en verhoogbestuur: Jak J. Brits
Vervaardiger: Leftfoot Theatre Productions
Moontlik gemaak deur: NATi en Innibos

Genre: Komedie
Taal: Afrikaans
Gradering: Gesin
Tydsduur: 85 min.
Venue: Gimmies
Datum en tyd: 3 Okt 16:30; 4 Okt 13:00, 16:30; 5 Okt 13:00
Kaartjies: R180, R160 (Aardklop Hartsvriende)

Scroll to Top