Woordmusiek

Momentum Beleggings Aardklop bied aan: Woordmusiek.

Gehore beleef selde vyf wáre legendes op een verhoog. Woordmusiek is daardie produksie. Drie van die grootste teatername in Suid-Afrika span kragte saam met een van die land se sterkste skrywers en musikante om hierdie eenmalige produksie te skep. Woordmusiek bring op unieke wyse die aangrypende verhalende tekste en musiek van Coenie de Villiers en die verteltalent van Jana Cilliers, Antoinette Kellermann en Vinette Ebrahim byeen. De Villiers is agter die klawers en kitaar-maestro Mauritz Lotz sluit by die span aan. Die program sluit materiaal in wat nog nooit vantevore gehoor is nie. Wat gebeur in die snyding tussen woord en musiek? Kom luister en vind uit hoe mooi Afrikaans kán wees!
Die Burger beskryf die vertoning as “ ’n meesterklas”, “fenomenaal” en “onberispelik”. Die produksie is vir twee Kanna-pryse benoem: beste musiekproduksie en beste ensemble.

Met: Coenie de Villiers, Antoinette Kellermann, Jana Cilliers, Vinette Ebrahim, Mauritz Lotz 
Teks, regie en musiekregie: Coenie de Villiers
Beligtingsontwerp: Pieter-Jan Kapp
Vervaardiger: KKNK in samewerking met CDV Market Ideation
Moontlik gemaak deur: KKNK, Suidoosterfees en CDV Market Ideation

Genre: Musiekteater
Taal: Engels, Afrikaans
Gradering: Ouerbegeleiding
Tydsduur: 60 min.
Venue: Totius Saal
Datum en tyd: 5 Okt 19:30, 6 Okt 10:00, 7 Okt 13:00
Kaartjes: R200, R180 (Aardklop Hartsvriende, Pensioenarisse)

Scroll to Top