Helenè Bester en Jannie Moolman – Nag in die Namib

Momentum Beleggings Aardklop bied aan:
Helenè Bester en Jannie Moolman – Nag in die Namib.

Helenè Bester en Jannie Moolman span kragte saam om met kontemporêre Afrikaanse musiek gehore te vermaak.  Hierdie twee kunstenaars vermaak gehore met hul goeie sin vir humor en stemme wat mekaar aanvul.  Hul sing die nuwe treffer “Nag in die Namib”, wat hulle verlede jaar as duo uitgereik het. Hulle het Danie Niehaus se pragtige lied “Kleure” herverwerk en as duet opgeneem. “Bitterbessie dagbreek”, voorheen gesing deur Anneli van Rooyen, is ook ’n gunsteling wat hulle as duet sing en wat by gehore aanklank vind.  Helenè gooi ’n tikkie Mouskouri tussenin en Jannie maak sy operastem dik! Hulle twee sing gunstelinge van Lucas Maree, Jannie du Toit en Sias Reyneke. Met Heinrich Pelser op kitaar en Engeli le Roux op klavier, is hierdie produksie ’n briljante keuse!

Met: Helenè Bester, Jannie Moolman 
Teks en regie: Helenè Bester, Jannie Moolman
Musiekregie en musiekverwerking: Engeli le Roux, Heinrich Pelser

Genre: Kontemporêr
Taal: Afrikaans
Gradering: Gesin 
Tydsduur: 75 min.
Venue: Konservatorium
Datum en tyd: 6 Okt 16:00, 7 Okt 10:00
Kaartjies: R180, R160 (Aardklop Hartsvriende, Pensioenarisse)

Scroll to Top