Orkesfees

Momentum Beleggings Aardklop bied aan: Orkesfees.

Kom geniet ’n behoorlike fees van orkesklanke en musikale genot! Twee plaaslike orkeste – die Noordwes-Universiteit-simfonieorkes en Noordwes-jeugorkes – en die Rhapsody-orkes uit Bloemfontein gaan elkeen die gehoor vermaak met hul eie unieke en uiteenlopende program. Met soveel verskillende werke, items en orkeste sal dit beslis ’n aand wees waar elke lid van die gehoor iets sal vind wat tot hulle spreek. ’n Konsert vir elke feesganger en musiekliefhebber!

Met: NWU-simfonieorkes, Noordwes-jeugorkes, Rhapsody-orkes
Komponis/Oorspronklike musiek: Verskeie
Musiekregie: André Oosthuizen, Liesl van der Merwe, Heinrich Lategan (dirigente)
Debuut

Genre: Klassiek
Gradering: Gesin
Tydsduur: 90 min.
Venue: NG kerk Miederpark
Datum en tyd: 6 Okt. 18:00
Kaartjies: R120, R100 (Aardklop Hartsvriende, Pensioenarisse)

Scroll to Top