Onfiks en veertig

Momentum Beleggings Aardklop bied aan: Onfiks en veertig.

Alfred Adriaan het verlede jaar veertig jaar oud geword en vier hierdie mylpaal met ’n nuwe eenmanvertoning: Onfiks en veertig. Met sy kenmerkende energie en vlymskerp humor deel Alfred die vreugde en vrese van ’n middeljarige, getroude man. Hy het heelwat te sê, en baie om oor te kla… Soos gewoonlik delf Alfred diep in sy eie familielewe om stories te vind wat die gehoor sal laat skaterlag. Hierdie boorling van Hankey is deesdae een van Suid-Afrika se gewildste komediante met uitverkoopte vertonings oor die land heen. Hy tree ook gereeld in die buiteland op. Jy het hom al gesien op sosiale media, so kom kyk nou self hoe hy feesgangers laat kraai van die lag. Hy sien uit daarna om vir die eerste keer in jare by Aardklop op te tree. Slegs een vertoning, moenie laat slaap nie. Pappa kom Potch toe, en dié keer is hy onfiks en veertig.

Met: Alfred Adriaan
Teks en regie: Alfred Adriaan
Vervaardiger: Erns Grundling

Genre: Skerpskerts
Taal: Afrikaans
Gradering: Ouerbegeleiding (T)
Tydsduur: 80 min. 
Venue: Beeld Ouditorium
Datum en tyd: 7 Okt 19:00
Kaartjies: R170, R150 (Aardklop Hartsvriende), R130 (studente)

Scroll to Top