Tippie

Momentum Beleggings Aardklop bied aan: Tippie.

Suid-Afrika se gunsteling-olifantjie kom kuier uiteindelik op die verhoog by Aardklop! Tippie gaan sorg vir hope vermaak wat die kindermaatjies se tone sommer sal laat krul van die lekkerkry. Saam leer ons meer oor emosies en omgee vir ons maats. Tippie bied vir ons ’n prag-reeks boeke, waar ons natuurlik ook speel-speel leer lees. Hierdie vrolik geïllustreerde leesreeks stel die beginnerleser ook aan klanke en wiskunde bekend. Elke boek bevat ’n kort, prettige storie wat help om kinders se leesvaardighede te ontwikkel, asook aktiwiteite wat die ouer, terapeut en onderwyser in staat stel om begrip en woordeskat speel-speel by die kind vas te lê!

Kom kuier saam, Tippie kan nie WAG om julle almal daar te sien nie.

Teks: Jose Palmer, Reinette Lombard
Verwerking/vertaling van teks:  EnterActive Productions
Regie en ontwerp: Dulinda Pieters
Vervaardiger: EnterActive Productions
Debuut

Genre: Kinderteater
Taal: Afrikaans
Tydsduur: 45 min.
Gradering: Gesin
Venue: Girls High 
Datum en tyd: 4 Okt 13:00, 6 Okt 11:00
Kaartjies: R100

Scroll to Top