Die Boulevard Harmoniste sing: ‘Goosebump a cappella’

Momentum Beleggings Aardklop bied aan: Die Boulevard Harmoniste sing: ‘Goosebump a cappella.’

Ja, jy het reg gelees, ’n uur se a cappella-musiek wat beloof om jou hoendervel te gee. Kom luister na die unieke sesstemmige ensemble waaroor Aardklop-gehore nie kan ophou praat nie. Verwag ’n wye verskeidenheid uit ’n goeie repertoire bestaande uit musiek in verskillende style klassiek, lig, jazz en volksmusiek! 

Die groep is vandag van die beste van sy soort in Suid-Afrika. Hulle doen gereeld formele konserte, asook uitvoerings van allerlei soorte oor die hele land heen. Hul uitvoerings het hul gehore gaande, en hulle kry oraloor goeie resensies en kommentaar. Die groep het reeds ses hoogs suksesvolle konserttoere in die buiteland onderneem, en in die proses met verskeie eerste plekke in internasionale kompetisies weggestap. 

Met: Tarien Jacobs (sopraan), Rethabile Khaile (mezzosopraan), Lanka Stols (alt), Wilhelm van den Berg (tenoor), Daniel Jacobs (bariton), Frans Venter (bas)
Musiekregie: Kobus Venter
Komponis/Oorspronklike musiek: Verskeie
Vervaardiger: NWU Kunste
Debuut

Genre: Kontemporêr tot klassiek
Taal: Afrikaans, Engels
Tydsduur: 70 min.
Gradering: Gesin
Venue: Konservatorium
Datum en tyd: 3 Okt 16:00; 6 Okt 13:00
Kaartjies: R130, R100 (Aardklop Hartsvriende, Pensioenarisse)

Scroll to Top